Professionele dienste … “Ek kan die professionele dienste van Mnr. Izak Malan hoogs aanbeveel. Hy het my gehelp gedurende ‘n spesifieke moeilike tyd in my lewe waar ek gesukkel het met uitbranding en depressie. Hy het my begelei met sy uitstekende vaardighede, geduld en medelye. Hy het my gehelp om ongesonde oortuigings oor myself te identifiseer. Dit het my gehelp om meer vertroue in my eie vermoëns te ontwikkel. Ek het ook vaardighede geleer by hom om myself beter te handhaaf in die wêreld. Dit alles het my gemotiveer het om my lewe te begin voluit leef. Sy passie en toewyding vir mense se welstand is waarlik sigbaar in sy werk. “