skip to Main Content

‘n Paar weke gelede het ek Christelike berading begin by Mnr Malan. Na my eerste sessie het ek geweet dit was die beste ding wat ek vir myself kon gedoen het. Ek sal sy dienste sterk aanbeveel. Hy werk vanuit ‘n warm en nie-veroordelende perspektief om jou te help regdeur jou geestelike reis.

“Ek kan die professionele dienste van Mnr. Izak Malan hoogs aanbeveel. Hy het my gehelp gedurende ‘n spesifieke moeilike tyd in my lewe waar ek gesukkel het met uitbranding en depressie. Hy het my begelei met sy uitstekende vaardighede, geduld en medelye. Hy het my gehelp om ongesonde oortuigings oor myself te identifiseer. Dit het my gehelp om meer vertroue in my eie vermoëns te ontwikkel. Ek het ook vaardighede geleer by hom om myself beter te handhaaf in die wêreld. Dit alles het my gemotiveer het om my lewe te begin voluit leef.  Sy passie en toewyding vir mense se welstand is waarlik sigbaar in sy werk. “

“Soms slaan die lewe jou om en jy het iemand nodig om jou te help om oor te rol en na die sterre te kyk. Izak het die temperament en vermoë om jou te help in hierdie situasies. Hy kry sy wysheid en krag van die Man wat op water geloop het. Onafhanklike, objektiewe en lewensveranderende berading.”

“Dr Izak het ‘n sagte benadering met kinders wat vertroue inboesem. Hy het die kind se beste belangstelling op die hart. Izak, ek wil jou graag bedank vir jou hulp met my seun en ons familie. Jou terapie met ons seun is amazing en ook die manier waarop jy met hom kontak maak. Jy beweeg op sy vlak en ontmoet hom daar. My seun het baie respek vir jou. In ‘n kort tydjie het daar ingrypende verbeterings gekom. My opregte dank vir jou intervensies in ons familie. Die Here seën jou.”

“Oor die afgelope paar jaar het Izak bewys dat hy ‘n waardevolle invloed in komplekse besluitneming is. Hy pas altyd ‘n positiewe benadering en bestendige besluite toe. Dit help om meeste gebiede van konflik te neutraliseer. Van effektiewe verhoudingsbou tot strategiese sakebeplanning tree hy op as ‘n gids tot ‘n haalbare doelwit.”

Baie dankie Izak vir jou vriendelike en saggeaarde manier hoe jy met mense werk. Dit was maklik om met jou te praat. Ek waardeer die manier hoe jy my begelei het om my probleme op ‘n daaglikse manier te hanteer.

“Ek het Izak besoek vir professionele terapie wat goed was. Hy kon met my situasie identifiseer. Ek het sy raad toegepas, en dit het my baie gehelp. Ek beveel enigiemand aan om by hom hulp te kry.”

“Izak het my in 2004 op sy kalm, rasionele en omgee-wyse gehelp toe ek postnatale depressie gehad het. Hy het my gehelp om weer in myself te glo. Jare later het ek weer vir sy hulp gegaan… Soms kry die balle wat ons op een slag in die lug moet hou, net te veel om te hanteer. Izak het my met geduld, deernis en waardigheid behandel – elke keer as ek sy professionele hulp soek. Hy het my ook geleer vaardighede geleer hoe om moeilike situasies te hanteer. Ek beveel Izak aan met ‘n oop hart vir enigiemand wat hulp soek.”

“Mnr. Malan het my gehelp om my unieke sielkundige samestelling te verstaan sodat ek my spesifieke selfsorg behoeftes kon identifiseer. Hy het ook wanopvattings wat ek gehad het aangespreek wat gehelp het dat ek nou ‘n gesonder, meer gebalanseerde lewe het.”

Back To Top