Skip to content

Om totsiens te sê wanneer jy jou werk verlaat

1. Bepaal maniere om die oorgang ʼn ontvouing en groei proses te maak

  • Dink wat dit sal beteken om jou huidige roetine en posisie te verander
  • Sodat jy jouself beter kan voorberei en tyd wat oor is beter kan benut

2. Ontdek die invloed wat die verskillende aktiwiteite in jou lewe gehad het en nog steeds het.

  • Staan terug, spandeer tyd om te reflekteer, te hersien,
  • Strewe na breë perspektief van jou lewe en die huidige oorgang wat jy wil/moet doen

3.Beskryf hierdie invloed aan ander

  • Deel jou ervaringe met medewerknemers; hoe jy oor hulle voel en wat hulle afwesigheid in jou lewe gaan beteken.

4. Verheug jouself in wat jy bereik het en wat op jou pad vorentoe is

  • Troetel die mooi herinneringe en besittings wat jy het en jou aan verhoudinge en aktiwiteite herinner
  • Verbly jou in wat jy geleer het en hoe jy gegroei het
  • Begin om goed te voel oor wat jy nou voltyds gaan doen, terwyl jy ook eerlik die uitdagings en struikelblokke sal raaksien

5. Beskryf areas van kontinuïteit in jou lewe

  • Terwyl jy bewus is van wat in jou lewe gaan verander kan jy ook bewus word van wat in jou lewe dieselfde gaan bly
  • Sommige verhoudinge kan eindig terwyl dit moontlik is dat ander verhoudinge kan voortgaan
  • Maak planne vir voortgesette kontak met sommige persone
  • Die persoon wie jy is, het ook te doen met wat jy by jou werk ervaar en geleer het

6. Moenie die volgende doen nie

  • Moenie die verlies wat jy ervaar ontken nie
  • Moenie jou ervaring besoedel deur dit oor te verheerlik nie
  • Moenie aktiwiteite en verhoudinge te gering maak nie
  • Moenie jou mislei deur te veel dink aan die vertrek en nie bewus te wees van wat op die oomblik gebeur nie. Moenie so fokus op die einddoel dat jy nie die “journey” geniet nie
  • Moenie jouself skielik afsny van alle aktiwiteite en verhoudinge nie
Back To Top