Wees nederig!
Wees nederig!
Om te weet: Ek is volledig afhanklik van God vir alles in my lewe!
Om God volledig te vertrou!
Spreuke 3 vers 34
Met hulle wat baie van hulleself dink, spot die Here. Hy lag lekker vir hulle. Hulle wat egter nederig is en uit sy hand leef, het Hy oneindig lief.
Spreuke 3 verse 5 tot 12
Moenie dink jy weet altyd die beste nie. Begin eerder elke dag weer van voor af om die Here lief te hê. En los tog al die slegte en verkeerde dinge.
Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou baie gelukkig maak. Dit sal selfs vir jou liggaam wonders doen. Jy sal gesond voel en vol krag wees.
Dien die Here met jou talente. Gee aan die Here ook ’n goeie deel van jou geld. Dan sal jy meer as genoeg hê om van te leef. Jou lewe sal vol vreugde wees.
Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons. Hy raas met ons omdat Hy ons so baie liefhet. So help Hy ons om met nog groter wysheid en vreugde te leef.
Mr Izak Malan: MPsych BA-Hons DipTh B DIV BA
CHRISTIAN PSYCHOLOGIST – Online and in-person therapy available.
Phone/WhatsApp: +27 832 589 936
Email: sakkieml@sielkundige.co.za
Address: 19 Clifton Ave, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Website: www.psychologist7.co.za and www.sielkundige.co.za
Instagram: #izakmalanchristianpsychologist
Facebook.com: IzakMalanChristianPsychologist
LinkedIn: Izak Malan</